Posts

Bronne

Wat is depressie? Alles wat jy moet weet (2021) Wêreldwyd. Available at: https://www.wereldwyd.co.za/wat-is-depressie-alles-wat-jy-moet-weet/ (Accessed: 2023).  Moore, E. (no date) Depressie: oorsake, simptome en behandeling - Medies - 2023, warbletoncouncil. Available at: https://af.warbletoncouncil.org/depresion-581 (Accessed: 2023).  (No date) TEACHING IN INCLUSIVE CLASSROOMS: POLICY VERSUS IMPLEMENTATION. Available at: https://repository.nwu.ac.za/bitstream/handle/10394/10429/Harmuth_Nichola.pdf?sequence=1 (Accessed: 2023).  (No date a) LUCIA GROOT VERHANDELING FINAAL2010Maynam - University of Pretoria. Available at: https://repository.up.ac.za/bitstream/handle/2263/28566/01chapters1-2.pdf?sequence=2 (Accessed: 2023).  Udo (2011a) Wat is depressie?, AntWoord. Available at: https://www.antwoord.org.za/2011/05/wat-is-depressie/ (Accessed: 2023). 

Alternatiewe assessering

Image
Sommige kinders wat byvoorbeeld geestesgesondheidsbehoeftes het of dalk aan EBD-toelatingskriteria voldoen, sal opleiding in afsonderlike programme ontvang.  Dit mag wees dat sommige kinders hierdie organisasie nodig het om normaal te funksioneer. Sulke beperkende reëlings is egter slegs gepas as die kind aantoon dat die omgewing geskik is. Dienste moet in die minste beperkende omgewing moontlik vir die kind gelewer word. Die voorkeurlokasie is die algemene onderwysklaskamer van 'n gewone skool waar akkommodasie en dienste verskaf word. Dienste en akkommodasie sluit positiewe gedragsondersteuning, kurrikulumaanpassings of ondersteuning van spesiale onderwysonderwysers in. As die kind steeds nie suksesvol is nie, kan die span ander aanpassings oorweeg. Sommige kinders met geestesgesondheidsversteurings het regtig 'n spesiale behandelingsomgewing nodig. Geen kind behoort egter al sy of haar opvoedkundige tyd in sulke omgewings deur te bring nie, tensy die ouer en kind ...

Klaskameraanpassings

Image
  Indiens- en voordiensopleiding vir opvoeders en navorsing op hierdie gebied oor hoe om leerders met gedrags- en emosionele behoeftes in die klaskamer die beste te bedien is baie belangrik (Fox & Conroy, 2000; Royer, 2005). Voorafgaande en deurlopende opleiding vir opvoeders asook veldnavorsing oor hoe om leerders met gedrags en emosionele behoeftes in die klaskamer die beste te onderrig, is van groot belang (Fox & Conroy, 2000; Royer, 2005). Daar word tans van opvoeders verwag om leerders met gedrags en emosionele behoeftes te ondersteun sonder enige bykomende leiding of opleiding in hierdie verband. Alhoewel navorsingsgebaseerde strategieë asook intervensies bestaan, gebruik baie opvoeders steeds metodes wat minder effektief is (Royer, 2005). In hierdie verband het Lewis, Chard en Scott (1998) ook die impak van inklusiewe onderwys op opvoeders en leerders (in die Verenigde State) beklemtoon. Is dit nie eers waar van Suid-Afrikaanse onderwys nie, waar daar tans geen...

Ouerbegeleiding

Image
Tierners gaan deur 'n reeks fases. Dikwels is daar baie emosionele episodes en buierigheid wat Kom met adolessensie, en dit kan moeilik wees om te Weet of hulle gedrag eenvoudig deel is van grootword en of dit ernstiger is. Die eerste stap om jou kind te help om depressie te veg is om te leer om dit raak te sien.  Raak met die waarskuwingstekens vertroud. * Lae selfbeeld * Onttrekking * Geen belangstelling *  Hopeloos * Akademiese sukses gaan agteruit *  Verandering in eetgewoontes (eet te veel of te Min) * Skuldgevoelens en skaamte *  Tekort aan energie en motivering * Moegheid en pyne * Gedagtes oor selfmoord en die dood As jou kind een of dalk 'n kombinasie van hierdie simptome ervaar, kan hulle heel moontlik professionele hulp nodig hê. Daar is verskeie maniere hoe jy aan jou kind professionele hulp kan verskaf: * Praat met hul pediater om verder leiding te ontvang. * Neem hulle om 'n geestesgesondheidswerker te Sien. * Maak kontak met 'n plaaslike geestesgesondh...

Hanteringswenke

Image
* Jy moet 'n verstandhouding het oor depressie. Doen persoonlik navorsing en lees oor depressie op. * Jy moet goed doen wat jou besig hou. Dit is van hulp as die brein aktief besig is met 'n stokperdjie of belangstelling. Lees dus 'n boek of kyk 'n film of tv-program. * Vermy goed soos dwelms, rook en alkohol. *  Groot takies moet verdeel word in kleiner takies en probeer om daagliks iets te doen al is dit min. *  Probeer om jouself met positiewe mense te omring en te praat oor hoe jy voel. Gewoonlik is dit beter as om geheimsinnig en alleen te wees. *  Moenie alleen bly of wegkruip nie, doen dinge en sien mense wat jou sal kan help om beter te voel deur goed te doen soos sportbyeenkoms bywoon, fliek of met vriende tee drink. *  Moenie vergeet dat depressie nie deel van jou is nie. Dit word deur simptome veroorsaak. Jy voel, reageer en dink anders as gevolg van die simptome. *  Laat jou vriende en familie toe om hulp te bied of ontvang hulp by 'n gekwalifiseerde...

Behandeling

Image
Om depressiebehandeling te kry wat toepaslik is, is die eerste stap om geneesheer te kry om 'n fisiese ondersoek te doen.  Nie net sekere medikasie, maar ook mediese toestande bv, 'n virale infeksie, kan depressiesimptome wat dieselfde is veroorsaak. Die geneesheer moet deur gebruik te maak van ondersoek-, onderhoud- asook laboratoriumtoetse, die moontlikhede uitsluit. 'n Evaluering moet gedoen word deur 'n sielkundige as daar 'n uitsluiting van 'n fisiese oorsaak van depressie is.  'n Volledige geskiedenis van simptome van depressie sal ingesluit word in 'n diagnostiese evaluering wat goed is. Dit sluit in: Hoe lank dit duur, wanneer dit begin het, die mate van ernstigheid, of die pasi ënt voorheen dit gehad het en of die depressiesimptome wel behandel is asook watter behandeling gegee is. Die dokter moet vra oor alkohol- en dwelmgebruik, en as die pasiënt gedagtes het oor die dood of selfmoord. Verder moet 'n geskiedenis vrae insluit oor of ander f...

Simptome identifikasie

Image
  Algemene simptome van depressie is: * Gevoel van hopeloosheid * Voel meeste van die tyd hartseer * Angstigheid * Konsentrasie- en geheueprobleme * Vind dit moeilik om besluite te neem * Geen belangstelling in dinge wat jy voorheen geniet het soos bv. stokperdjies. * Min slaap of slaap te veel * Verloor gewig want jy eet te min. * Tel gewig op want jy eet te veel. * Nie soveel energie soos gewoonlik, jy is die heeltyd moeg. * Dink aan die dood of selfmoord *  Selfmoordpogings * Rusteloos * Prikkelbaar of woede * Konsentrasieprobleme * Geheueprobleme * Sukkel met besluitneming * Negatiewe gedagtes