Ouerbegeleiding


Tierners gaan deur 'n reeks fases. Dikwels is daar baie emosionele episodes en buierigheid wat Kom met adolessensie, en dit kan moeilik wees om te Weet of hulle gedrag eenvoudig deel is van grootword en of dit ernstiger is. Die eerste stap om jou kind te help om depressie te veg is om te leer om dit raak te sien.  Raak met die waarskuwingstekens vertroud.

* Lae selfbeeld
* Onttrekking
* Geen belangstelling
* Hopeloos
* Akademiese sukses gaan agteruit
* Verandering in eetgewoontes (eet te veel of te Min)
* Skuldgevoelens en skaamte
* Tekort aan energie en motivering
* Moegheid en pyne
* Gedagtes oor selfmoord en die dood

As jou kind een of dalk 'n kombinasie van hierdie simptome ervaar, kan hulle heel moontlik professionele hulp nodig hê.

Daar is verskeie maniere hoe jy aan jou kind professionele hulp kan verskaf:

* Praat met hul pediater om verder leiding te ontvang.

* Neem hulle om 'n geestesgesondheidswerker te Sien.

* Maak kontak met 'n plaaslike geestesgesondheidsdiens.

* Soek vir hulpbronne aanlyn.

Die belangrikste ding is dat die probleem nie deur jou geïgnoreer word nie, maar jou kind die  ondersteuning en hulpbronne gee om dit te beveg.

Hoe om jou kind te help:

* Kry professionele hulp vir hulle.

* Gee jou kind emosionele ondersteuning.

* Bemoedig 'n gesonde leefstyl.

* Help hulle om meer verbind te voel.

Comments

Popular posts from this blog

Oorsake