Hanteringswenke
* Jy moet 'n verstandhouding het oor depressie. Doen persoonlik navorsing en lees oor depressie op.
* Jy moet goed doen wat jou besig hou. Dit is van hulp as die brein aktief besig is met 'n stokperdjie of belangstelling. Lees dus 'n boek of kyk 'n film of tv-program.
* Vermy goed soos dwelms, rook en alkohol.
* Groot takies moet verdeel word in kleiner takies en probeer om daagliks iets te doen al is dit min.
* Probeer om jouself met positiewe mense te omring en te praat oor hoe jy voel. Gewoonlik is dit beter as om geheimsinnig en alleen te wees.
* Moenie alleen bly of wegkruip nie, doen dinge en sien mense wat jou sal kan help om beter te voel deur goed te doen soos sportbyeenkoms bywoon, fliek of met vriende tee drink.
* Moenie vergeet dat depressie nie deel van jou is nie. Dit word deur simptome veroorsaak. Jy voel, reageer en dink anders as gevolg van die simptome.
* Laat jou vriende en familie toe om hulp te bied of ontvang hulp by 'n gekwalifiseerde/professionele berader, pastoor of dominee.
* As jy hulp benodig, moet nie bang wees of twyfel om te vra. Verwag dat daar 'n verbetering in jou gemoedstoestand sal wees. Dit vat tyd om gesond te voel en moet nie te hard wees op jouself. Luister na jou innerlike stemmetjie, dit is tydelik en hulp is beskikbaar.
Comments
Post a Comment